‘n Alternatief vir pap

Iets anders in die plek van pap?

Kom probeer gerus hierdie stampmieliegereg, dis heerlik saam met braaivleis en kan ook opgedien word as ‘n vinnige ete sonder die braaivleis.

 

Bestanddele:

500 ml stampmielies

7 ml sout

10 ml botter

1 pakkie gesnipperde spek

250 gr sampioene in skyfies gesny

250 ml mayonaise

125 ml room

1 pakkie wit uiesoppoeier

250 ml gerasperde cheddarkaas

Vars gemaalde swartpeper na smaak

 

Metode:

Week die stampmielies oornag in water.

Dreineer en giet die mielies in ‘n kastrol met genoeg water by om dit te bedek en voeg ook die sout by.

Kook tot gaar en dreineer.

Voorverhit die oond tot 180 grade en smeer ‘n oondvaste bak.

Verhit die botter in ‘n pan en braai die spek en sampioene tot gaar.

Meng die mayonaise, room,  soppoeier en kaas in ‘n groot mengbak.

Voeg die stampmielies, spek en sampioene by en geur met gemaalde peper.

Skep die mengsel in die voorbereide bak en bak ongeveer 60 minute tot bruin bo-op.

 

Smaaklike ete!