Minister juig oor vonnis

As Amerika se president Donald Trump iets op die sosiale platform Twitter plaas, skreeu die linkse media skande daarvan, maar as Suid-Afrika se minister Nathi Mthethwa Twitter gebruik in sy juigrede oor blanke mans wat skuldig bevind is in ‘n hof, maak selfs Afrikaanse media dit hoofnuus.

Dit is die geval nadat Mthethwa getwiet het dat die skuldigbevinding van Willem Oosthuizen (28) en Theo Jackson (29) in die rondgaande hof in Middelburg aan poging tot moord, ’n “oorwinning in ons stryd teen rassisme”.  Volgens hom is die uitspraak is ’n les vir almal wat rassisties optree.

Die mans is deur regter Segopotje Mphahlele skuldig bevind aan verskeie klagtes in die sogenaamde doodskis verhoor. Hulle sal in Oktober gevonnis word.

Foto: Nathi Mthethwa