Miljoene immigrante woon in Duitsland

Die aantal immigrante wat in Duitsland woon, het in die afgelope paar jaar skerp toegeneem, en tans is daar reeds meer as 18 miljoen in die land.

Dit beteken dat sowat 11% van die bevolking vreemdelinge uit ander lande is wat nou as gevolg van Bondskanselier Angela Merkel se “oop deur” benadering ’n stewige vastrapplek in Duitsland het.

Duitsland se Federale Statistiek Diens het bekendgemaak dat die toename van bykans 10% die grootste toename is wat nog ondervind is.

Die afgelope drie jaar het derduisende mense uit die Midde-Ooste en Noord Afrika hulle toevlug tot Duitsland geneem weens die maklike toegang wat die Merkel regering moontlik gemaak het.

Die toename in immigrante uit die Midde-Ooste het in die afgelope twee jaar met meer as 51% gestyg.

Uit Afrikalande is tans 740 000 woonagtig in Duitsland wat ongeveer 46% meer is as wat ’n paar jaar gelede daar gewoon het.

Meer as 50% van die immigrante het Duitse burgerskap gekry, en nasionalistiese politici wil weet wat die status van die ander gaan wees nadat Merkel herkies is in September se verkiesing.

Foto – Kanselier Merkel