Mike Pence, die waardige visepresident

Visepresident Mike Pence van Amerika word regoor die wêreld beskou as een van die mees waardige visepresidente wat nog in die VSA diens gedoen het.

Die vermoede bestaan dat hy die Republikeine se toekomstige president gaan word, terwyl ander stilweg hoop dat hy president Trump se opvolger gaan word.

Die visepresident het nog nie ’n voet verkeerd gesit nie, en selfs die linkse media kan nie anders nie as om hom hoog aan te slaan vir sy professionele optrede teenoor vriend en vyand.

Sedert hy as visepresident ingestel is, het Mike Pence getoon dat hy goed ingelig is oor die Amerikaanse politiek, en maak geen ongevoelige opmerkings oor opposisie of buitelandse leiers nie.

Verskeie Republikeine glo hy sal ’n sterk leier as president uitmaak, en behoort die kans gegun te word om dit op sy waardige wyse tot uitvoer te bring.

Pence is bekend dat hy eerder swyg as om ’n halwe waarheid kwyt te raak, is nougeset in sy taak en weier om enige onderwerp aan te raak waaroor hy nie eerstehandse inligting het nie.

Tot hede kon selfs die bitsige CNN en die New York Times tot hulle eie frustrasie niks vind om visepresident Mike Pense se aansien af te kraak nie.

Die media het wel probeer om hom verdag te maak deur vae bewerings dat hy aspireer om president te word, maar die visepresident het dit ten sterkste ontken.

Gebore in die deelstaat Indiana waar hy later ook ’n graad in die regte behaal het, word hy in 2000 verkies as lid van die Huis van Afgevaardigdes, en word uiteindelik senator, en goewerneur van Indiana.

Foto – Visepresident Mike Pence