Meule maatskappy beboet

Die Kompetisie Tribunaal het Brenner Meule beboet met ‘n R12 miljoen administratiewe boete oor prysvasstelling saam met ander meulens oor ‘n tydperk van agt jaar.

Die eerste ondersoek is in 2007 begin teen Tiger Brands, Pioneer Foods en Progrees Milling en die Foodcorp groep, aangesien hul die groot rolspelers was en kleiner rolspelers soos Carolina Meule, Keystone Milling en Brenner meule is later betrek.

Paramount Milling , Blinkwater meule en Keystone meule is ook betrek in die kartel.

Die prysvasstelling het die prys van wit mieliemeel geraak.

Carolina meule is beboet met meer as R4 miljoen, Blinkwater Meule met R10 miljoen en Keystone Milling met meer as R6 miljoen.

Al die boetes sal oorgeplaas word na die Tesourie maar dit is nie duidelik wat hulle met die miljoene gaan maak nie.