Meubel vervoer maatskappy in die moeilikheid

Die meubel vervoer maatskappy, Stuttaford Van Lines is aangekla op 649 klagtes  van sameswering met tender prosedures met die vervoer van meubels. 

Skuldigbevinding kan lei tot ‘n boete van 10% van hul jaarlikse omset.

Die ondersoek toon dat die maatskappy sedert 2007 saamgesweer het met mededingers om kontrakte te bekom by staats entiteite.

Verskeie mededingers het reeds hul aandeel in die proses afgehandel met die tribunaal.

Stuttaford is een van die bekendste vervoer maatskappye in die land, wat oor die jare baie regerings kontrakte gehad het.