Metrospoor verloor 70 waens

Metrospoor het aangekondig dat hul 70 treinwaens per maand verloor weens vandalisme.

Slegs sowat 18 arrestasies is oor die afgelope agt weke gedoen maar dit beteken dat meeste van die oortreders wegkom met hul brandstigting en beskadiging.

Intussen eis COSATU in die Wes-Kaap dat Metrospoor die prys van sy treinkaartjies vir die volgende twee jaar halveer om pendelaars te vergoed vir wat hy genoem het ‘n disfunksionele diens.

Volgens COSATU daag baie mense laat op vir werk, wat lei tot dissiplinêre optrede of ‘n verlies aan betaling.

Metrospoor het vroeër aangekondig dat die krisis met treine nog minstens die volgende twee jaar sal voortduur. Die krisis het juis ontstaan nadat treinwaens beskadig is deur pendelaars.