Melbourne stap weg met die prys

Die Australiese stad Melbourne het vir die sewende jaar agtereenvolgend die toekenning ontvang as die mees leefbare stad op aarde.

Die toekenning het die stad te beurt geval nadat die gesaghebbende “Economist Intelligence Group” sy jaarlikse evaluasie gedoen het van die wêreld se belangrikste stede.

“Economist Intelligence Group” het 140 stede gemeet aan die hand van ’n reeks faktore, waarvan stabiliteit, gesondheidsorg, kultuur, onderwys en infrastruktuur, die belangrikste elemente is.

Melbourne is die tweede grootste stad in Australië, en ook die land se trots as die hoofstad wat 97,5 punte uit ’n totaal van 100 gekry het.

Die ander stede in die top tien is die Oostenrykse hoofstad Wene, Vancouver, Toronto en Calgary in Kanada, Adelaide en Perth in Australië, Auckland in Nieu-Seeland, Helsinki in Finland, en die Duitse stad Hamburg.

Geweld het die afgelope jare ’n sterk invloed gehad op die leefbaarheid van stede, en lande wat laag op die lys is, is Kiev, die hoofstad van die Oekraïne, Tripoli, hoofstad van Libië, en Damaskus, die Siriese hoofstad.

Foto – Bekende deel van Melbourne