Mbeki bekommerd oor DRK, nie SA

Die voormalige president, Thabo Mbeki, het sy kommer uitgespreek oor die toestand in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Daar moet volgens hom drastiese stappe geneem word om die moorde aldaar te voorkom.

Waarnemers wys daarop dat hy as oud-president van Suid-Afrika swyg oor die moorde in sy eie land, soos die plaasmoorde, verkragtings, bendegeweld en ander misdade wat daagliks mense se lewens eis.