Massiewe orkaan tref Texas

’n Massiewe orkaan het die deelstaat Texas getref, en word gesien as die grootste en kragtigste orkaan wat die staat getref het die afgelope 50 jaar.

Orkaan Harvey het Vrydag sy aankoms gemaak, wat gepaard gegaan het met ’n windsterkte van bykans 220 kilometer per uur.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Texas as ’n rampgebied verklaar en gesê die orkaan is ’n kategorie 4 geval.

Stede en dorpe van die noorde in Meksiko en die deelstaat Louisiana het vooraf maatreëls in plek gekry om die stormskade wat deur wind en swaar reënneerslae veroorsaak word, te bestuur.

In Louisiana is windsterktes van tot 140 km per uur geregistreer, alhoewel die staat nie in die sentrale deel van die orkaan is nie.

Duisende mense het vreesbevange die sterk wind en geweldige reënbuie probeer vermy deur uit te wyk na ander gebiede maar die orkaan wat ’n deursnit van sowat 160 kilometer het, kon slegs deur ’n klein klompie vrygespring word.

Bykans 6 miljoen mense is woonagtig in die gebied wat getref is en goewerneur Greg Abbott het mense gewaarsku om die kusgebiede te vermy.

Meer as ’n 1 000 reddingswerkers is ontplooi om mense te hulp te snel wat nie oor die vermoë beskik om vir hulleself te sorg nie.

Saterdagmiddag het die orkaan sterkte verminder na kategorie 3 en kon mense in sekere gebiede begin om hulle skade aan eiendom vas te stel.

Sowat een meter stortreën het gepaard gegaan met die wind wat onophoudelik teen ’n spoed van meer as 200 km per uur voortgewoed het.

Foto – ’n Vragmotor wat deur die wind omgewaai is