Mashaba maak Johannesburg skoon

Die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, gaan voort met sy “skoonmaakproses” in die middestad ten spyte van hewige kritiek vanuit menseregte groepe.

Die Rooi Miere is besig om stadseiendom wat onwettig beset word te ontruim en dit weer beskikbaar te stel vir ontwikkeling.

Hy het verder verklaar dat huisvesting slegs vir Suid-Afrikaanse burgers beskikbaar gemaak sal word.

Waarnemers wys daarop dat sodanige stappe oral kan gebeur, solank daar ‘n politieke wil bestaan.