Manana blyk ‘n moeilike baas te wees

Die baas wat gereeld vloer moere gooi, mense afdreig en blatant mense misbruik.

Volgens personeel is dié man niemand anders as Mduduzi Manana.

Bewerings word deur dié adjunkminister se personeel gemaak dat hy dagboeke en selfone gooi as hy kwaad word, werknemers verplig om tuis werke te verrig vir hom en ‘n werknemer toesluit in ‘n donker kantoor as straf.

Hierdie gedrag strek na bewering reeds oor ‘n tydperk van vyf jaar.

Onderwyskundiges is erg ontsteld oor die onthullings, net nadat hy ook aangekla s van aanranding op twee vroue in ‘n nagklub. Hulle is bekommerd dat die onderrig van studente in die hande van ‘n persoon met so ‘n reputasie lê.

Intussen is Bathabile Dlamini, die veelbesproke minister van Sosiale Ontwikkeling, in die moeilikheid omdat sy glo gesê het dat daar nie teen Manana opgetree moet word nie aangesien daar baie regeringsamptenare en leiers is wat baie groter misdade pleeg as Manana.

Haar woorde het net soveel opspraak verwek en sy word nou gevra wat is die groter misdade waarvan minister Dlamini weet en hoekom verswyg sy dié oortredings? Dit maak haar net so skuldig as sy nie misdaad waarvan sy weet nie rapporteer nie.