Maca wortelplant

Macawortel of ook genoem Lepidium meyenii, is deel van die broccoli familie. Hierdie wortels van die plant lyk amper soos rape. Oorspronklik is Macawortel in Peru gekweek. Dit word ook geklassifiseer op die kleur van die wortel wat rooi, swart, pienk of geel kan wees. Macawortel word as kruie geklassifiseer.

Die Macawortel is voorheen geëet deur die groot vegters voordat hulle in ‘n geveg betrokke geraak het. Dit het die energie en krag van hierdie vegters glo verbeter. Volgens bronne help dit ook sommer vir menige siektetoestande. Maca is vol verskillende vitamines en minerale en goed vir die gesondheid. Dit verskaf ons energie en sal ons immuniteit teen siektes verbeter. Dit verhoog ook die suurstofvlakke in die bloed. Hierdie wortel smaak nie baie lekker nie en dit proe na gras wat stowwerig is. Ons sal dit in gesondheidsapteke kry in ‘n kapsulevorm sodat ons nie die stowwerige smaak hoef te proe nie. Daar is bronne wat beweer dat die Macawortel in poeiervorm, na malt smaak.

Maca wortel moet in goed dreinerende grond geplant word in vol son en sal erge koue ook weerstaan. Die blare wat bokant die grond groei lyk ook soos koolraap of sekere soorte spinasieblare maar is nie baie groot nie.

Tuiniers, die lente is om die draai en in menige tuine begin die pragtigste bolplante nou blom. Geniet u tuin tot volgende keer.