Libië se opposisie in verset teen Italië

Nadat Italië besluit het om sy vloot se skepe net buite die gebiedswaters van Libië te hou, het die invloedryke generaal Khalifa Haftar van Libië se opposisieparty gedreig om die skepe teen te staan.

Hy het die land se vlootbasis opdrag gegee om in verset te gaan teen enige vreemde skepe wat dit sou waag om sonder amptelike toestemming die gebiedswaters van sy land sou binnegaan.

Dit is egter onduidelik waarmee die Libiese weermag se troepe die skepe van Italië sal stop aangesien die land nie oor enige doeltreffende oorlogskepe beskik nie.

Die Italiaanse parlement het egter die afgelope naweek hulle goedkeuring gegee vir die militêre operasie na aan die Libiese kusgebied.

Die opdrag aan Italiaanse militariste is omvangryk, en sal die Italiaanse skepe selfs toelaat om, indien dit nodig word, binne die 12 seemyl gebied van Libië in te vaar.

Khalifa Haftar het egter geen militêre mag in die oostelike deel van Libië nie, en beskik oor geen middele om Italiaanse skepe teen te staan nie.

Italië wil met sy skepe die instroming van onwettige immigrante na Europa verminder en tree op nadat die Libiese regering ’n versoek gerig het om hulp te verleen.