Lêhenne ook besmet met gifstof

By een van België se hoenderboere waar besmette hoendereiers klaarblyklik gevind is, het toetse ook bewys dat die lêhenne van dieselfde gifstof in hulle sisteem het.

Nadere ondersoeke het aan die lig gebring dat die voedingstof wat aan die henne gegee is, van die insekdoder se giftige bestanddeel, fipronil, bevat het.

Die Nederlandse koerant, De Telegraaf, het die inligting in ’n berig bekendgemaak en bygevoeg dat die besonderhede op verskeie webtuistes beskikbaar is.

Die eienaar van die Pro-Farma hoenderboerdery, Nick Hermens, wat beskuldig word dat dit sy lêhenne is, het egter ontken dat die berig korrek is omdat hy geensins sodanige middel gebruik het nie.

Hermens beweer dat hy reeds die vorige jaar ’n wenk aan die Nederlandse owerheid gegee het van ’n vorige vennoot wat die middel gebruik het.

Hy word nou as moontlike verdagte gesien in Nederland, terwyl hy nie die middel in gebruik het op sy plaas nie.

Die gifstof wat in die eiers gevind is, word ook in lêhenne se sisteem gevind wat beteken dat die hoenders nie later vir slagdoeleindes gebruik kan word nie.

Waarnemers meen dit kan verskeie produsente se totale lêhen bevolking diskwalifiseer vir eierproduksie of as slaghoenders.