Langlaagte toetsterrein besteel

Die Langlaagte toetsterrein is die naweek “besoek” deur inbrekers wat rekenaars gesteel het asook ‘n onbekende bedrag geld, ten spyte van sekuriteitswagte wat die perseel bewaak het tydens die inbraak.  Dié is deur die rowers oorrompel.

Benewens die geld is lisensieskyfies en ander dokumente ook gesteel, en hulle heet probeer om drie kluise ook oop te skiet,

Soos by inbrake in ander staatsinstellings die laaste paar weke, word vermoed dat mense binne die instelling betrokke is by die inbrake.

Intussen sal die lisensiekantoor in die suide van Johannesburg vandag weer oop wees vir die publiek nadat dit gister gesluit was.