Laaste volksvergadering die naweek

Die laaste van ‘n aantal volksvergaderings waar beslis gaan word oor die toekoms van die Boere-Afrikanervolksraad, vind die naweek by die Paardekraal monument in Krugersdorp plaas.

Verskeie soortgelyke vergaderings is reeds landwyd gehou, waartydens volksgenote die geleentheid gehad het om mosies oor die pad vorentoe in te dien.

Sowat ‘n honderd sulke voorstelle is ontvang, en hulle is gekonsolideer tot ‘n totaal van 27. Daardie voorstelle word nou uiteengesit op ‘n stembrief en hulle gaan aan die volk tot stemming voorgelê word op die naweek se byeenkoms.

Die vergadering vind plaas more, Saterdag 19 Augustus 2017, om 10:00 op die Paardekraalmonument-terrein, h/v Paardekraalweg en Andries Pretoriusstraat, Krugersdorp.

Daar is ‘n versoek van die VVK dat mense ‘n pen en hulle identiteitsboekie sal saambring.

‘n Voorbeeld van die stembrief kan hier besigtig word:  http://vvk.co.za/Stemvergaderings/