Kommunistiese Noord-Korea struikel

Die kommunistiese Noord-Korea is vasgevang in ’n geweldige droogte, en die regime vrees dat ’n algehele hongersnood sy mense kan tref wat tot onbeheerbare opstande kan lei.

Die huidige sanksie veldtog bemoeilik dit verder op ekonomiese gebied, wat die invoer van lewensmiddele verskraal en sy uitvoer moontlikhede het byna tot ’n algehele stilstand gekom.

Intussen word verneem dat die land verplig was om met grootpratery sy troepe te motiveer wat tans ook gebuk gaan onder die voedseltekorte en verskeie afdelings se soldate kla dat hulle hopeloos te min kos kry.

Die streng monitering van wat lande moontlik mag uitvoer na Noord-Korea het ook ’n rem geplaas in sy wapen ontwikkelingsprogram, en die dreigement van Amerika dat een enkele missiel wat in die rigting van Amerikaanse grondgebied afgevuur sou word, beteken die oorlog het begin, het die sukkelende skiereiland laat stil word.

Die Noord-Koreaanse arbeidsmag wat vroeër in ander lande kon gaan werk, is ook deur die sanksies geraak, en veroorsaak wrewel teen die regime van Kim Jong-Un.

Kenners meen al die faktore lei daartoe dat die land besig is om te struikel en dit kan lei tot ’n finale besluit om die wapenprogram te beëindig.

Foto – Kim Jong-Un