Kommuniste waarsku Zuma

Die SAKP het voor die vergadering tussen hulle en die ANC, vir Jacob Zuma gewaarsku om nie weer sy kabinet te “skommel” nie.

Volgens die SAKP is die skuiwe gemaak om SAKP lede te waarsku en te intimideer.

Die SAKP het ook hul standpunt, dat Zuma moet gaan, herbevestig.

Dit is nog nie seker of die SAKP sy eie kandidate gaan stel in die 2019 verkiesing nie.  Dit sal grootliks afhang van wie die ANC se leierskap oorneem in Desember vanjaar.