Koffiekoek vir die naweek

Maak hierdie heerlike klam koffielaagkoek vir die komende naweek. Dit is nie ‘n baie hoë koek nie, maar die smaak is voortreflik en die koek is klam.

 

Bestanddele:

125 gr botter

250 ml suiker

2 eiers geklits

3 eetl goue stroop

125 ml koue sterk koffie

5 ml vanielje geursel

500 ml koekmeel

12 ml bakpoeier

Knippie sout

 

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 grade C en bespuit 2 laagkoekpanne en voer uit met waspapier en bespuit die papier ook.

 

Klits die botter goed en voeg die suiker geleidelik by en klits tot romerig.

Klits die stroop by.

Klits die eiers en vanieljegeursel by

Sif die droë bestanddele saam en voeg dit om die beurt met die afgekoelde koffie by die botter en eiermengsel.

Meng alles baie goed en verdeel dit tussen die twee laagkoekpanne.

Bak dit 30 minute in matige oond van 180 grade.

Haal uit en laat dit op ‘n draadrakkie afkoel en sit die 2 lae opmekaar met karamel kondensmelk en smeer dit ook bo-op met neute versier.

 

Heerlik saam met tee of koffie.