Knysna aan die brand gesteek

Soos wat vermoed is, het ‘n ondersoek bevind dat “menslike bedrywighede” verantwoordelik was vir die verwoestende brande wat Knysna en omstreke in Junie getref het.

Tydens die brande is talle berigte ontvang dat die brande moedswillig aan die brand gesteek is, maar dit is in sekere kringe ontken.

Die verslag wat nou deur die ondersoekspan vrygestel is, bevestig dat die vuur deur menslike toedoen ontstaan het. Hulle is egter versigtig om dit moedswillige brandstigting te noem en sê dit kon dalk “per ongeluk” hand uit geruk het as gevolg van die sterk wind wat gewaai het.

Forensiese bewyse sal nou aan die polisie oorhandig word met die oog op verdere ondersoek en moontlike vervolging.

Sowat R500 miljoen rand se skade is aangerig as gevolg van die vernietigende brande.