Kan ons vriende wees?

Die nuut aangestelde Amerikaanse woordvoerder van die Wit Huis, Sarah Huckabee Sanders, het tydens ’n personderhoud  begin deur ’n briefie voor te lees van ’n 9-jarige dogtertjie met die naam Dylan.

Die jongeling het haar brief gerig tot die Amerikaanse president, Donald Trump, en sê sy vind die president aangenaam en wil weet of hulle beste vriende kan wees.

“Ek is 9 jaar oud en u is my gunsteling president, en ek hou so baie van u dat ek op my eie ’n verjaarsdag gevier het daaroor”.

Sy wil egter ook weet hoe groot is die Wit Huis, en hoeveel geld het die president.

Dan voeg sy by dat sy nie kan verstaan waarom daar mense is wat nie van die president hou nie.

Dit is nie bekend of die Wit Huis op haar briefie gereageer het nie, bloot omdat ’n posadres nie op die brief verskyn nie.

Foto – Sarah Huckabee Sanders tydens perskonferensie