Joernaliste loop toe minister laat is

Selfs dikwels polities korrekte joernaliste, het keelvol geraak vir die arrogansie van ‘n minister wat eenvoudig nie betyds vir haar afspraak opdaag nie, en het toe huis toe gegaan.

Dit is die lot wat die reeds erg omstrede minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini getref het. Sy sou ‘n mediakonferensie om 10 uur in Pietersburg toespreek, maar toe sy na twee ure steeds nie daar was nie, het die joernaliste eenparig keelvol geword en die pad gevat.

Dit is nie seker of die minister daarna met die konferensie voortgegaan het nie, want daar was geen joernaliste oor om daaroor te rapporteer nie.

Skynbaar het Dlamini eers ‘n ander geslote vergadering bygewoon, maar die vermoede bestaan dat sy eers ‘n uitgebreide ontbyt geniet het en die media doodluiters laat wag het.

Dit was bowendien baie vreemd dat sy die media in Pietersburg wou toespreek, aangesien dit oor ‘n nasionale aangeleentheid gehandel het en die meeste van haar gevolg ook vanaf Johannesburg gekom het teen groot koste vir die belastingbetalers se rekening.

Foto: Bathabile Dlamini