Japan en VSA span saam teen N-Korea

Die Verenigde State van Amerika en Japan het besluit om hande te vat in hulle verdediging teen die kommunistiese regime van Noord-Korea.

Die ooreenkoms is bereik nadat gevaarlike dreigemente van die kommunistiese staat gemaak is teen Amerika, en verskeie missiele afgevuur het wat in die seegebied van Japan geland het.

Pyongyang se missieltoetse het hewige spanning veroorsaak in talle lande van die Suid-Asië, Japan en selfs Amerikaanse gebiede.

Die veiligheid van Japan en Amerika het die gesprek tussen Amerika se minister van Buitelandse Sake, Rex Tillerson, minister Jim Mattis van Departement Verdediging en die Japanese minister van Verdediging, Itsunori Onodera, oorheers wat die afgelope naweek plaasgevind het.

Die Japanse minister van Verdediging het bevestig dat die bondgenote hulle samewerking gaan verhoog en hulle vermoë om te beveilig, met mekaar gaan deel om Noord-Korea se aggressie ten te staan.

Die kommunistiese regime van Kim Jong-Un het verskeie kere missiele lanseer wat naby die kusgebied van Japan in die see beland het wat Japanse handelskepe en hulle roete bedreig.

Pyongyang het egter intussen sy grootpratery gestaak nadat die Amerikaanse minister van Verdediging gewaarsku het dat een missiel van die skiereiland wat in die rigting van enige grondgebied van Amerika afgevuur is, die oorlog laat begin.

Foto – Jim Mattis, Rex Tillerson en Itsunori Onodera