Jaar 2016 was warmste ooit

Die jaar 2016 was wêreldwyd die warmste jaar ooit sedert temperatuurmetings begin is op verskeie plekke op aarde.

Die bevinding is gemaak deur die Amerikaanse Natuur Agentskap (NOAA) in sy jongste kwartaalverslag.

Die huidige klimaat data besonderhede is die 27ste verslag van die Agentskap, en daarvolgens is 2016 die warmste jaar wat in die afgelope 137 jaar gemeet is.

Volgens die verslag is dit die tweede jaar agtermekaar dat dit die warmste jaar was.

In 2015 was dit ook as die warmste jaar gemeet, en die vermoede bestaan dat die toename in temperatuur sal voortduur tot nuwe maatreëls deur owerhede in plek gesit is.

Kenners meen die koms van elektriese voertuie in stede van die huidige binnebrand enjins kan ’n ommekeer meebring, maar dit gaan nog ’n dekade of meer vereis.

Lugbesoedeling met koolstof gasse is glo die belangrikste oorsaak vir die oseane se styging in temperatuur, wat weer lei tot die smelt van groot gedeeltes ys in die suid- en noordpool gebiede.

Die krag van ’n ongekende groot El Niño verskynsel het ook ’n beduidende rol gespeel om die seewater se temperatuur te laat styg.