Italianers haat Franse president

Italianers beskou die nuwe Franse president, Emmanuel Macron, as die mees gehate persoon in hulle land, en oproepe tot die regering is gemaak om hom nie toe te laat in hulle land nie.

Die wrewel het blykbaar ontstaan oor die ernstige geskil rondom die eienaarskap van die grootste Franse skeepswerf wat te koop aangebied word.

Die Italianers het die skeepswerf gekoop, maar die nuwe Franse regering het die transaksie gekanselleer omdat dit glo totale beheer sou oorlaat aan ’n Italiaanse skeepsbouer.

Italië weier egter om terug te staan en meen die transaksie is ’n wettige ooreenkoms wat nie eensydig gekanselleer mag word nie.

Twee Italiaanse skeepsbouers sê hulle is gereed om die skeepswerf in Saint-Nazaire aan die weskus van Frankryk oor te neem.

Die sosialistiese President Macron het op die laaste oomblikke ingetree en die transaksie gekanselleer en die skeepswerf genasionaliseer.

Macron beweer dat hy dit gedoen het om te verseker dat honderde Franse werkers nie hulle werk en inkomste verloor nie.