Italië gebruik skepe teen immigrante

Die liberale regering van Italië het besef dat die toestroming van onwettige immigrante na die land gestop moet word soos wat die nasionalistiese party reeds jare bepleit het.

Nou wil die regering sy parlementslede oortuig om ’n plan goedgekeur te kry waarvolgens die Vloot se skepe gebruik word om langs die kus van Libië te beweeg om die verkeer met onwettige immigrante te verhoed om na Italië te vaar.

Premier Paolo Gentiloni van Italië het die aankondiging gemaak te midde van ernstige versoeke deur nasionalistiese parlementslede se oproep om die onwettige immigrante wat na die land stroom, onmiddellik te stop.

Die Eerste Minister sê die versoek van die regering in Libië om behulpsaam te wees met die probleem, word as ’n “positiewe gebaar” beskou waaraan Italië wil voldoen.

Die Libiese premier, Fayez Serraj, wat tans die Verenigde Nasies se eenheidsregering in Tripoli lei, het die versoek tot Italië gerig tydens sy besoek aan Rome.