Indië en Sjina begin eie Koue Oorlog

Indië en Pakistan herdenk 70 jaar van onafhanklikheid van die Britse heerskappy na drie oorloë wat in 1947, 1965 en 1971 plaasgevind het.

Die verhouding tussen die twee lande het egter nie verbeter nie, en Pakistan het deurlopend terroriste aanvalle in Indië uitgevoer.

Intussen is Pakistanse Moslem terroriste besig om die Hindoes van Indië aan te val, wat tot onderlinge skermutselings lei.

Indië se groter konflik is egter die geskil met Sjina, die buurland wat met doelgerigtheid besig is om Indië se geduld te toets deur grens skending.

Terwyl Delhi en Islamabad hulle vryheid herdenk, het Indië en Sjina militêr teenoor mekaar gaan staan in die Himalaja waar ’n jarelange geskil heers oor die grens tussen die twee lande.

In die noordweste by Pangong het ligte gevegte uitgebreek terwyl daar 1 800 kilometer verder in die omgewing van Doklam ook botsing voorgekom het.

Sjina het begin bou aan ’n strategiese snelroete deur die Bhutan gebied, wat al die elemente van konflik inhou om ’n volskaalse oorlog te begin.

Die grens tussen die twee lande, wat strek oor ’n afstand van meer as 3 200 kilometer het verskeie plekke waaroor die twee lande in dispuut is, en is ook moeilik om te patrolleer wees die bergagtige gebiede.

Indië beskou die pad wat gebou word deur Sjina, as die voorloper tot groter konflik tussen die twee lande, en beskou dit ook as ’n direkte konfrontasie wat Sjina begin het.

Een van die Indiese deelstate, Arunachal Pradesh, word reeds deur Sjina beskou as deel van sy gebied, en het dit herdoop tot “Suid-Tibet”.

Ontleders wys daarop dat Sjina se kunsmatige eilande wat ook landingsbane vir vegvliegtuie het, ten doel het om konflik met Indië verder te voer.

Die Indiese regering het intussen ’n reuse bedrag bewillig vir die aankoop van vegvliegtuie en ander wapentuig wat daarop dui dat die nuwe Koue Oorlog tussen die twee lande besig is om na hoër spanningsvlakke te lei.

Foto – Sjinese vlag