Honderde sterf weens oorstromings

Swaar reën in die suide van Asië het tot groot oorstroming in die huidige moeson seisoen wat tot die dood van meer as 1 500 mense gelei het.

Die aanhoudende reën het wydverspreide oorstromings en talle grondverskuiwings veroorsaak wat ook honderde woonplekke beskadig of vernietig het.

In Indië is sowat 1 300 sterftes aangemeld volgens die owerhede en die noordoostelike deelstaat Bihar is die swaarste getref.

’n Tweede verslag deur die owerhede vrygestel, meld dat 514 mense omgekom het in die eerste twee dae van ongekende swaar reënval.

In Nepal en Bangladesh het die owerhede bekend gemaak van 140 mense wat omgekom het na twee weke van onophoudelike reëns.

Berigte lui dat een derde van die oppervlakte in Nepal steeds onder water is, en die voorsiening van skoon water word ’n ernstige krisis.

In die hele gebied word meer as 41 miljoen mense geraak deur die oorstromings, en die koste om strukture te herstel beloop glo etlike miljarde dollar.