Heerlike worsbredie

Worsbredie vir aandete met pap of rys bedien.

 

Worsbredie:

Bestanddele:

500 gr boerewors in stukke gesny (na jou smaak)

2 groot uie gekap

1 groen soetrissie gekap

2 groot wortels geskil en in skywe gesny

½ kool fyngesny

1 pakkie wit knopie sampioene (opsioneel)

½ pakkie jong groenboontjies

1 pakkie bruin uiesop poeier opgelos in 2 koppies warm water

sout en peper (pasop vir te veel sout, die soppoeier is reeds baie sout)

 

Metode:

Braai die word in ‘n pot en hou eenkant.

Braai uie, soetrissie, wortels, boontjies, sampioene en koolrepies in klein bietjie olie.

Voeg die sopwater by en begin kook en voeg dan die wors stukke by en kook alles vir 10 minute

Dien op en geniet dit.