Guam se goewerneur steun Trump

Die goewerneur van die klein eiland Guam, het sy waardering uitgespreek vir die ferm optrede van president Donald Trump nadat die kommunistiese Noord-Korea gedreig het om die eiland aan te val.

Goewerneur Eddie Calvo, ’n Republikein en sterk ondersteuner van die Amerikaanse president, sê die kritiek teen Trump se uitspraak dat die VSA gereed is om Guam te verdedig teen ’n missielaanval uit Noord-Korea, is ongevraagd en onnodig.

Die eiland Guam is sowat 3 200 kilometer weg van Noord-Korea en kan maklik deur die kommuniste se missiele getref word.

Die eiland wat in die Stille Oseaan geleë is, vorm deel van Amerika en beskik oor ’n groot militêre basis waar sowat 6 000 Amerikaners weermagdiens verrig.

Die Goewerneur het Kim Jong-Un as ’n boelie bestempel en gesê sulke mense moet kortgevat word, en die president het presies dit gedoen.

Foto – Goewerneur Eddie Calvo