Groenland, plek van ys op vuur

Groenland, die tuiste van die aarde se grootste permanente ysgebied buite die suidelike Antarktika gebied, is in wese ’n gebied waar ’n massiewe yslaag bo op ’n wilde vuur is.

Wetenskaplikes waarsku dat die toedrag van sake hoofsaaklik veroorsaak word deur al hoe meer bome wat aangeplant word.

Volgens die wetenskaplikes is die ysgebied van Groenland besig om letterlik in vlamme gehul te word.

Sedert Julie vanjaar het vuur oor ’n groot gebied voorgekom wat nooit voorheen waargeneem is nie, en het beslis te make met die plantegroei wat intussen vermeerder het.

Deskundiges sê dit is nog te vroeg om die verskynsel te verbind aan klimaatverandering aangesien geen langtermyn data beskikbaar is nie, maar selfs die onnatuurlike droër en warmer jaar is ’n vreemde verskynsel in die gebied.

Waarnemers wys egter daarop dat ’n soortgelyke toestand 18 jaar gelede ondervind is, alhoewel brande toe nie voorgekom het nie.

Wetenskaplikes in Denemarke wys daarop dat die warm klimaat wat in Groenland ondervind word, hoër is as wat dit in die afgelope 800 jaar was.

Navorsers sê dit is opmerklik dat Groenland werklik al groener word, en die yslaag al minder is.