Grace Mugabe maak amok in Johannesburg

‘n Johannesburgse vrou, Gabriella Engels, beweer dat sy aangerand is deur die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe.

Die voorval sou die naweek in ‘n hotel in Johannesburg plaasgevind het waar Engels saam met Mugabe se twee seuns “gekuier” het. Die presidentsvrou het die kamer glo binnegekom en haar en haar vriendinne met ‘n verlengkoord aangerand.

Die twee seuns het glo gevlug vir die moeilike ma.

Die hoofuitvoerende beampte van The Capitol Hotel het bevestig dat ‘n insident plaasgevind het en dat “gaste” versoek is om die hotel te verlaat.

Die 20-jarige Engels het intussen ‘n klagte van aanranding by die polisie gelê teen Mugabe, en daar word met belangstelling afgewag of die polisie bereid gaan wees om Mugabe te arresteer.