Franse president kry wind van voor

As president Emmanuel Macron van Frankryk gedink het sy hervormingsplanne vir Europa gaan goedsmoeds aanvaar word, het hy nie rekening gehou met die nasionalistiese regerings in die ooste van Europa nie.

Die Franse president het deur Europa getoer en regeringsleiers ontmoet met die doel om sy hervormingsplanne te verkoop, waarvan die gebruik van goedkoop arbeid ’n belangrike deel uitmaak.

President Macron het gedink sy toer sou wees soos ’n wandeling in ’n rustige park, maar moes ontdek dat hy deur nasionalistiese regerings met ’n koue skouer ontvang word.

Sy suksesvolle besoek aan Salzburg was egter die enigste plek waar sy voorstelle met ope arms aanvaar is, want die kanselier van Oostenryk, Christian Kern, was minder aangenaam teen sy idee om “saam te werk teen die uitvoer van buitelandse werkers in Europa.”

Dit is bekend dat Oostenryk sterk gekant is teen die invoer van onwettige immigrante, en huldig dieselfde standpunt as Hongarye en Pole wat selfs weier om nog vreemdelinge in hulle lande toe te laat.

Marcon het wel steun gekry in die Tsjeggiese Republiek, maar waarnemers meen die land is so verleë om steun te kry dat hulle die Franse plan aanvaar het.

Pole, Hongarye en Oostenryk is van die groter lande in die ooste van Europa wat die sogenaamde “goedkoop arbeid” van onwettige immigrante weier omdat dit nie net misdaad bevorder nie, maar ook te veel swak en onbetroubare werkers is.

Die lande sê hulle kan nie onwettige immigrante in diens neem ten koste van hulle eie mense wat wil werk nie.

Foto – President Emmanuel Macron