Ford se derde herroeping van Kuga

Ford SA het ‘n derde keer versoek dat eienaars van Ford Kuga voertuie hul voertuie moet neem na handelaars om ‘n potensiële brandgevaar te ondersoek.

Hierdie keer raak dit isolasie materiaal wat naby die voertuig se sitplekgordels geïnstalleer is. Die materiaal kan in geval van ‘n ongeluk aan die brand slaan.

Alle Kuga voertuie word geraak deur die herroeping en bykans 7 000 voertuie in SA is betrokke.

Eienaars van Kuga voertuie word versoek om Ford se kliëntediens afdeling te kontak.