FNB baas skiet SAL af

Die hoofuitvoerende beampte van Eerste Nasionale Bank,  Jacques Celiers, het op sosiale media aangedui dat hy nie meer van SAL se dienste gebruik sal maak nie. Hy kyk nou na “eerlike alternatiewe”.

FNB se woordvoerder, Lwazi Stuurman, het media meegedeel dat Celliers geen verdere kommentaar sal lewer nie.

Malusi Gigaba het aangetoon dat hy Celliers sal nader oor die stap.

Dit is nie bekend wat die aard van die onderonsie was nie en waarom hy geïmpliseer het dat SAL oneerlik is nie.