Faith op “awol”

Dit blyk asof die minister van staatsdiens en administrasie, Faith Muthambi afwesig is sonder verlof.

Sy het tot dusver nog nie by die parlement opgedaag waar sy rekenskap moet gee van openbare fondse wat sy gebruik het om familie en vriende op belastingbetalerskoste na Kaapstad te vlieg nie.

Volgens politieke waarnemers is die ANC besig om Faith te beskerm teen die klomp beskuldigings teen haar van korrupsie.

Sy moet ook antwoord waarom sy ‘n persoonlike personeelkorps van 27 lede, waaronder die voormalige omstrede SAUK-hoof, Hlaudi Motsoeneng se dogter, het in plaas van die 10 wat die ministeriële handboek toelaat.