Faith kruip weg oor familie vliegreis

Die omstrede minister van staatsdiens en administrasie, Faith Muthambe, het verkies om nie voor ‘n parlementêre komitee te verskyn om onder kruisverhoor geneem te word oor haar dertig familielede wat op belastingbetalerskoste na die Kaap gevlieg het nie. Die komitee was daar, maar sy het net nie opgedaag of verskoning gemaak nie.

Intussen het ander ANC-lede ook nie die komitee se sitting bygewoon nie, omdat dit onder voorsitterskap was van Makhosi Khoza, wat uitgesproke anti-Zuma is. Hulle glo dat sy as voorsitter verwyder moet word en gedissiplineer moet word. Hulle het ‘n skrywe in die verband aan die ANC se hoofsweep gerig.

Die interne woelinge van die ANC het dus daartoe gelei dat die minister voorlopig wegkom met haar onregmatige besteding van staatsgeld, en die presidensie swyg ook daaroor.