EU neem stappe teen Pole

Die Europese Unie het regstappe ingestel teen Pole omdat die lidland se hervormings ten opsigte van die juridiese stelsel bots met demokratiese regte.

Die EU het die regsproses begin wat kan lei tot ’n geding in die Europese Hof van Geregtigheid.

Die EU het saam met verskeie lidlande ernstige bedenkinge geopper oor Pole se wetgewing wat die aanstelling van regters bepaal, en voortaan deur die parlement gedoen gaan word.

Die EU se regsproses sal onmiddellik geaktiveer word sodra die nuwe wetgewing in die staatskoerant van Pole verskyn.

In ’n poging om te verhoed dat die nuwe wet op die wetboek verskyn, het die EU ’n brief tot die Poolse regering gerig waarin Pole daarop gewys is dat die mag wat aan die Minister van Justisie kry om sy invloed te gebruik om regters aan te stel, ongrondwetlik is.

Die nasionalistiese regering in Pole sê die beswaar word nie in ’n ernstige lig beskou nie aangesien die nuwe wetgewing nie bots met die land se grondwet nie.