Eskom verhoging verwag

Na die Konstitusionele Hof se uitspraak dat Nersa wel vir Eskom kan goedkeuring gee om pryse van elektrisiteit te verhoog, is ekonome bekommerd dat kragvoorsiening met soveel as 20% kan styg.

Eskom het ‘n beraamde R61 miljard tekort wat opgemaak moet word maar enige groot verhogings sal ‘n reeds sukkelende ekonomie bykans tot stilstand bring.

Die vraag is wie dan krag gaan aankoop?