Eskom dreig weer munisipaliteite

Die kragverskaffer Eskom het weer eens gewaarsku dat hy kragtoevoer gaan sny na munisipaliteite wat agterstallig is met hul betalings aan die verskaffer.

Skuld aan Eskom beloop meer as R11miljard en slegs munisipaliteite in Natal, Wes-Kaap en Vrystaat staar nie kragonderbrekings in die gesig nie.

Die beplande afsnydatums is 18 September vir die Nood Kaap, Oos Kaap 13 September, Wes Transvaal vanaf 20 September, Oos-Transvaal 9 Oktober, Gauteng 3 Oktober en Limpopo 21 September.