Eskom dompel homself weer in omstredenheid

Eskom twee senior werknemers weer in diens geneem nadat hul geskors was weens onreëlmatige bedrywighede rondom die Gupta gekoppelde firma Trillian.

Die heraanstelling kom klaarblyklik weens druk van die waarnemende voorsitter Zethembe Khoza.  Dit is dus onseker of daar enige verdere ondersoek na hulle Gupta bande gaan kom en of hulle enigsins dissiplinêr verhoor gaan word.

Intussen wil die feitlike bankrot Eskom nog R150 miljoen aan bonusse uitbetaal.  Dit is ‘n “winter uitdaging” bonus, wat hulle aan werknemers wil betaal omdat Eskom die winter deurgekom het sonder die instelling van beurtkrag.

Skynbaar word die stap veroordeel deur minister Lynne Brown, maar die kragvoorsiener gaan hom blykbaar nie veel aan haar steur nie.  Sy reken dit hulle normale plig om die ligte aan te hou en verdien geen bonusse bloot omdat hulle hul gekontrakteerde werk gedoen het nie.

Skaars ‘n maand gelede het dit bekend geword dat Eskom ongeveer R4,2 miljard aan aansporingsbonusse aan senior personeel betaal het.

Aan die einde van die 2017 finansiële jaar het Eskom slegs R20 miljard in sy bankrekening gehad, was slegs genoeg was om drie maande mee deur te kom.