Ernstige kommer oor Iran vuurpyl lansering

Iran het pas ’n vuurpyl lanseer wat glo ’n satelliet dra en sê dit is nie in stryd met die kernverdrag wat hy onderteken het nie.

Die vuurpyl wat aan die einde van Julie lanseer is, word egter deur Amerika en ander Westerse lande beskou as ’n oortreding van die Kernverdrag.

Brittanje, Duitsland en Frankryk het hulle steun aan die Amerikaanse siening gegee en sê die lansering is in stryd met die Verenigde Nasies se resolusie.

Waarnemers wys daarop dat die moontlikheid om lande te beperk om nie enige kernwapen ontwikkeling te doen nie, ’n al moeiliker taak word.

Die toetsprogram van Noord-Korea het getoon dat die Verenigde Nasies en Westerse lande nie daartoe in staat is om hul program te stop nie, en dieselfde kan met Iran gebeur aangesien handelsanksies nie die gewenste uitwerking het nie.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het in ’n brief aan Iran gesê die lanseer van ’n vuurpyl is gelykstaande aan die lanseer van ’n ballistiese missiel wat ingevolge die Kernverdrag verbode is.