Eier skandaal: Twee bestuurders in hegtenis

Die reuse maatskappy, Chickfriend, het klaarblyklik ’n aandeel in die besmetting van miljoene hoendereiers, en twee van sy senior bestuurders is in hegtenis geneem.

Die twee bestuurders word aangehou weens die gevaar wat die besmette eiers meebring onder gebruikers daarvan.

Die eiers is besmet met ’n gifstof waarvan een bestanddeel bekend as fipronil teenwoordig is en as uiters toksies beskou word.

Die opsporingsagente van die Departement Openbare Werke het die houers waarin die gifstof is, op die perseel gevind en twee bestuurders wat verantwoordelik is in hegtenis geneem.

Die ondersoekers het agt hoenderplase in Nederland besoek en die wonings van die twee aangehoudenes.

Plase in België is ook besoek in die gesamentlike aksie wat deur die ondersoekspan uitgevoer is, maar tot hede is geen spoor van enige oortreding gevind nie.

Die vermoede bestaan dat die maatskappy vervolg kan word indien bewyse gevind kan word dat die middel wel wederregtelik gebruik is en besmetting veroorsaak het.

Intussen trek talle ander produsente, wat nie skuldig is aan besmetting nie, die voordeel om hulle produksie teen ’n aansienlik hoër prys te verkoop wens die “skaarste” wat ontstaan het.