Egiptiese treinongeluk veroorsaak chaos

Twee treine wat saam in ’n ongeluk betrokke was in Egipte, het die dood van minstens 42 passasiers veroorsaak en meer as 140 het ernstige beserings opgedoen.

Mediese personeel het hulle na die ongelukstoneel gehaas waar tientalle lyke oor die grond gestrooi gelê het.

Die ongeluk het plaasgevind toe ’n passasierstrein met sowat 200 mense aan boord teen ’n stilstaande trein vasgery het.

Die stilstaande trein moes glo wag vir ’n sinjaal verandering by die klein stasie van Khorshid in die omgewing van Alexandria toe die aanstormende passasierstrein in hom vasgejaag het.

Dit is die tweede grootste treinbotsing wat die afgelope jaar in Egipte die lewens van mense geëis het.