Eerste bestellings uitgevoer van Tesla 3

Die afgelope naweek het die eerste 30 eienaars hulle sleutels ontvang vir hul elektries aangedrewe Tesla Model 3 motors waarvan die Hoof Uitvoerende Beampte, Elon Musk, die eerste motor in ontvangs geneem het.

Die geskiedkundige gebeurtenis het die aandeleprys in die Tesla Inc maatskappy skerp laat styg en die verwagting is dat die neiging gaan voortduur.

Die Suid-Afrikaans gebore tegnoloog en ruimtevaart deskundige hoop om met die Tesla 3 sy Tesla Inc aanleg meer winsgewend te maak deur die model in massa te vervaardig.

Die Tesla 3 se prys van $35,000 is bykans die helfte goedkoper as konkurrente se motors in dieselfde klas, en die verwagting is dat die aanvraag wat reeds die 20,000 bestellings verbygesteek het, nog verder sal laat toeneem.

 Die Tesla aanleg is sodanig ingerig dat hulle eie batterye vervaardig vir die Tesla elektriese motorvoertuie, en word beskou as van die beste gehalte wat in die VSA beskikbaar is.