Duitsland versterk bande met VSA

Met Bondskanselier Angela Merkel en president Donald Trump wat nie graag langs dieselfde vuur sit nie, het die Duitse minister van buitelandse sake besoek gebring aan Amerika se minister Rex Tillerson om band te versterk .

Die onverwagte besoek word direk verbind aan die nuwe bedreiging van Noord-Korea wat bespreek word, asook die Russe se jongste uitspraak en afwysing van die kommuniste se missiel lansering.

Waarnemers meen die twee ministers het besef dat die Noord-Koreaanse optrede dit onderstreep het dat Westerse en veral Duitsland en die VSA hulle bondgenootskap moet herbevestig.

Die Duitse minister se besoek in die VSA was ook nodig so kort voor Duitsland se algemene verkiesing wat in September gehou word.

Politieke ontleders wys daarop dat die vinnige besoek ook daarop dui dat die twee lande verbind is tot ’n bondgenootskap wat in stand gehou sal word, afgesien van die leiers wat afsydig staan teenoor mekaar.

Die twee lande het beslis ’n wedersydse verantwoordelikheid oor sekere aspekte wat beide lande raak, en Duitsland se besoek word as ’n tydige gebaar beskou.

Foto – Sigmar Gabriel en Rex Tillerson