Duisende VSA regses trek saam in Virginië

Duisende nasionalisties gesindes in Amerika het ’n massa byeenkoms gehou in die universiteitstad Charlottesville, in die deelstaat Virginië om beswaar te maak teen die verwydering van ’n Amerikaanse generaal se standbeeld.

Tydens die optog het ’n vuisgeveg ontstaan, en ’n voertuig het tussen die skare ingeploeg en een van die optoggangers gedood.

Generaal Robert E. Leë se standbeeld is deur die owerheid laat verwyder, wat die nasionalistiese Amerikaners woedend gemaak het.

Na bewering het die motor tussen die skare ingery, en toe niemand beseer is nie, het dieselfde voertuig ’n tweede poging aangewend en toe is een van die betogers gedood.

Die goewerneur van Virginië het intussen ’n noodtoestand in die staat afgekondig, en president Donald Trump het die ontevredenes gevra om te kalmeer en eerder mekaar ondersteun as om verdeeldheid te veroorsaak.

Die betogings wat Vrydag begin is met ’n massa optog, is die naweek voortgesit met baniere en vlae terwyl slagspreuke geskree is en chemikalieë na ander mense gegooi is.

Linkse koerante beweer dat die optoggangers almal regse “neo-nazi” ondersteuners is en aan ’n “alternatiewe regse beweging” behoort.

Die munisipale owerheid het die standbeeld verwyder van sy jarelange staanplek nadat swart studente beswaar gemaak het teen die standbeeld omdat dit kwansuis ’n simbool van die vroeëre slawerny is.

Generaal Robert E. Leë was opperbevelvoerder van die gedekonfedereerde State van Amerika tydens die land se burgeroorlog en het niks te make met slawerny nie.