“Dokters Sonder Grense” skrik wakker

Die “Dokters Sonder Grense”, wat hulle reeds vir etlike jare bemoei het om sogenaamde vlugtelinge wat na Europa probeer gaan om ’n beter lewe te voer, het glo besluit om nie langer reddingsoperasies te steun van diegene wat probeer om na Europa te gaan nie.

Dokters Sonder Grense wil glo nie langer betrokke wees by die operasies van mense wat na Europa wil gaan met roeibote in die Middellandse See nie.

Dit volg nadat die “Maritime Rescue and Coordination Centre in Rome” alle hulporganisasies gewaarsku het dat die hulp nie net ’n veiligheidsrisiko inhou nie, maar ook meedoen om mensehandel te bevorder.

Italië het ook gewaarsku dat die veiligheid van weldoeners op die spel is nadat die Libiese kuswag ook betrokke geraak het by sogenaamde ongerymdhede.

Die Italiaanse owerheid het vasgestel dat talle hulporganisasies wat sogenaamde immigrante na Europa te hulp snel in die Middellandse See, deel van ’n sindikaat is in mensehandel.