Dlamini-Zuma eis radikale ekonomiese transformasie

Die kandidaat wat Jacob Zuma wil opvolg, sy eks vrou Nkosozana-Dlamini  Zuma,  het op Parys weer met opswepery begin by ‘n ANC vergadering toe sy geëis het dat radikale ekonomiese transformasie moet plaasvind om die beheer van “wit kapitaliste” in die land te beëindig.

Waarnemers wys daarop dat sy in wese dieselfde terme gebruik as haar gewese man, en dat sy daarmee hoop om sy ondersteuners se ondersteuning vir haar veldtog te kry om ANC-leier te word.